Die Tygerberg-Sakekamer het twee geleenthede vir die komende wintermaande aangekondig wat vir sakelui en die breër gemeenskap van besondere belang sal wees. Die geleenthede vind onderskeidelik in Julie en Augustus plaas en fokus op ekonomiese ontwikkeling en persoonlike bemagtiging.
Op Woensdag 22 Julie is daar ‘n kuier- en netwerkgeleentheid by die pragtige vertoonlokaal van Zerocrete in Brackenfell. Die spreker vir die geleentheid is James Vos, wat gaan gesels oor die suksesvolle ekonomie van die Wes-Kaap. Vos is die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei vir die Stad Kaapstad.
LEES OOK: Cape Winelands Airport fast-tracked to priority status
Die geleentheid sluit iets te ete en te drinke in en begin om 18.00. Plek kan bespreek word by admin@tygerbergbc.co.za en kos R200 per persoon.
Die Tygerberg-Sakekamer is bekend daarvoor om spesiale geleenthede vir vroue te hou en op Saterdag 22 Augustus maak hy weer so. Die bekende televisiepersoonlikheid Marciel Hopkins is die gasspreker en gaan gesels oor selfaanvaarding en ook praktiese wenke gee vir ‘n positiewe selfbeeld.
Die geleentheid vind by Die Markplein by NG Kerk Stellenberg plaas. Kaartjies kos R350 per persoon en sluit iets te ete en te drinke in. Plek is beperk.
Bespreek nou by Marina by admin@tygerbergbc.co.za



