6 Finaliste in die ATKV se Tjokkertoneelkompetisie so pas bekendgemaak

Die senior toneelgroep van die Laerskool Durbanville
Die senior toneelgroep van die Laerskool Durbanville het met hul produksie A++ skoonskip gemaak in verskeie afdelings van die 2026 ATKV Tjokker-toneelkompetisie se Wes-Kaapstreek.

6 Finaliste in die ATKV se Tjokkertoneelkompetisie so pas bekendgemaak

Die senior toneelgroep van die Laerskool Durbanville
Die senior toneelgroep van die Laerskool Durbanville het met hul produksie A++ skoonskip gemaak in verskeie afdelings van die 2026 ATKV Tjokker-toneelkompetisie se Wes-Kaapstreek.

Die senior toneelgroep van die Laerskool Durbanville se produksie A++ is gistermiddag aangewys as een van net ses finaliste in die nasionale ATKV-Tjokkertoneelkompetisie.

Dit het gekom nadat die produksie verlede week skoonskip gemaak het in verskeie afdelings van die kompetisie se Wes-Kaapstreek.

Die produksie is verlede Woensdag in die Baxter-teater as die wenner in die afdelings vir beste produksie, beste ensemble en beste regie aangewys.

Die senior toneelgroep van die Laerskool Durbanville
Die senior toneelgroep van die Laerskool Durbanville het met hul produksie A++ skoonskip gemaak in verskeie afdelings van die 2026 ATKV Tjokker-toneelkompetisie se Wes-Kaapstreek. Die toneelspelers is (voor van links) Jani Pienaar, Jenna Smuts, Fleur Bruwer, Caty-Ann Schlebusch en Lee-Ann Nchoe. Heel voor regs is Ingke Marren en heel agter Josua Potgieter.

Dis ‘n tong–in–die–kies–komedie wat die wêreld van kultuuraande, kompetisies en drama-mammas met heerlike oorgawe aanpak. Wanneer die skaam Elizabeth teen haar sin in die kollig gestoot word, begin ego’s bots en ruk die soeke na die gesogte Mozart Monoloog–wisseltrofee behoorlik handuit.

Die produksie is geskryf deur Ilne Fourie. Die regie word behartig deur Veronica Geldenhuys en Tronéll Lessing.

Die Durbies se senior toneelgroep het ook weggestap as wenners by die Montagu-Jeugtoneelfees en het ‘n tweede plek behaal in die Playhouse Theatre Festival in Somerset-Wes.

Die oorwinning by die streeksfees was die hoogtepunt nadat die toneelgroepe van 17 tot 19 Augustus die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch laat leef het met die laaste streeksfees van die sesde ATKV-Tjokkertoneelkompetisie.

van die Laerskool Durbanville
Die senior toneelgroep van die Laerskool Durbanville het met hul produksie A++ skoonskip gemaak in verskeie afdelings van die 2026 ATKV Tjokker-toneelkompetisie. Hier by die leerders is Veronica Geldenhuys (voor naasregs), en Tronéll Lessing (heel agter heel links), wat die regie behartig het.

In die Laerskool Welgemoed se produksie Die Bruilof is Dawid Bruwer as Willem van Wyk as beste tjokkerakteur aangewys.

Finaliste

Die ses nasionale ATKV-Tjokkertoneelfinaliste sal deelneem aan die ATKV-Toneelaanbod se nasionale finaal op 2 Oktober in die Kunstekaap-teater in Kaapstad.

Ander nasionale finaliste is die produksie Hart van die Laerskool Bastion in Brackenfell, onder regie van Jan Burger, Uil van die Laerskool Beaumont in Somerset-Wes, asook drie produksies van skole in Roodepoort — Om te onthou van die Laerskool Helderkruin, en twee produksies van die Laerskool Roodekrans, Dagdromer en Die Neonkas. In Hart neem ’n groep kinders en ’n ou robot ’n koue KI-regering aan in ‘n wêreld waar emosies, drome en verbeelding verban is. Hul wapen? Die een ding wat tegnologie nie kan vervang nie: die krag van die menslike hart.

Jong verbeelding

Altesame 576 tjokkers in 23 produksies het die streeksfees met kleur, energie en ’n oorvloed jong talent afgesluit.Onder vanjaar se tema, “Asem”, het die Wes-Kaapse deelnemers gewys hoe groot jong verbeelding kan droom wanneer dit ruimte kry om te speel, lui ‘n verklaring deur die ATKV op sy webblad.

Die verhoog is gevul met stories, karakters en kreatiewe keuses wat telkens daaraan herinner het waarom Tjokkertoneel so ’n belangrike eerste tree in ’n jong kunstenaar se teaterreis kan wees.

Met hierdie laaste streeksfees het die nasionale Tjokkertoneelseisoen ’n indrukwekkende mylpaal bereik: altesaam 1 325 tjokkers in 60 produksies het vanjaar reg oor Suid-Afrika deelgeneem, lui die verklaring.

Mentorskap

Die Wes-Kaapse produksies is vanjaar deur die mentorbeoordelaars Bianca Flanders en Jacques Bessenger begelei. As deel van ATKV-Tjokkertoneel se ontwikkelingsfokus ontvang elke produksie pasgemaakte stemnotas van die mentors. Hierdie terugvoer bied aan deelnemers en onderwysers praktiese leiding en aanmoediging om lank ná die fees steeds oor hul werk te besin, nuwe idees te ondersoek en hul liefde vir teater verder te laat groei. Dit is juis dié kombinasie van speel, leer en ontdek wat die sesde ATKV-Tjokkertoneel so besonders maak, lui die verklaring.

ie applous is belangrik, maar die ervaring en groei wat deelnemers saamneem, leef veel langer.”

Junior toneelgroep

Die Laerskool Durbanville se junior toneelgroep is as kategoriewenners vir beste produksie bekroon by die Tygerberg-eisteddfod se toneelfees en vorm ook saam met A++ deel van drie laerskoolproduksies wat gekies is om by die die semi-finaal van die Wes-Kaap streek van Pronk Pret te kompeteer.

Die produksie Sirkels is nie plat nie
Hier in die produksie Sirkels is nie plat nie, is (voor van links) Alexander Koen, Liani Jacobs en Franco van der Merwe. Agter is Amy Rose Watson en Annebelle Swart.

Hierdie produksie is ook deur Ilne Fourie geskryf. Die regie word behartig deur Veronica Geldenhuys en Caeli Aggenbach.

Kaartjies vir die finaal van die ATKV-Tjokkertoneelkompetisie sal vanaf 9 September via Webtickets en by die Kunstekaap-kaartjiekantoor beskikbaar wees.

  • Besoek www.asem.in vanaf 9 September vir die volledige nasionale finaalprogram en verdere besonderhede.

LEES OOK: Laerskool Durbanville wen ATKV-toneelpryse

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article