DF Akademie het die Flashes gewen met hul tema “Listen Up!”

Die DTBS Flashes is ‘n hoogtepunt op die skole-atletiekkalender. Dié skouspel op die DHL Kaapstad Stadion verg weke-lange beplanning en tientalle ure se oefening. TygerBurger het agter die skerms gaan loer hoe DF Akademie dit doen.

Afrigters

Erin Vercellotti (hoof-afrigter), Jade Paige, Magdel van der Schyff, Keane Desfountain, Anda Avenant

Dirigente

Micael Laubscher (hoof-dirigent), Luame Lombard (hoof-dirigent), Tian Colyn, Dewan Coetzee, Caresa Smit, Bella Theron, Nico du Raan, Mika Gelderblom

DF Akadamie se dirigente. Foto: Cecilia Hume

Tromspelers

Emma Keating, Talja Chamberlain, Finnian Smit

Wat was vanjaar se tema?

DF Akademie se tema was “Listen Up!”

Wat was die inspirasie vir hierdie tema?

Die inspirasie vir hierdie tema was om die verskillende maniere van hoe ‘n mens musiek luister uit te beeld. Toeskouers kon uitsien na “flashes” van instrumente, ‘n gramofoon, ‘n jukebox, ‘n radio, ‘n iPod, ‘n platejoggie en die bekende “Spotify” logo. Musiek is deel van ons elkeen se daaglikse lewe – DF wys ons hoe jy dit kan geniet.

DF Akademie

Hoe lank word daar al aan vanjaar se DTBS geoefen?

DF se dirigente en tromspelers het al aan die begin van Desember die kreet geskryf tesame met die gees-onderwysers. Hulle het bykans twee weke lank, 10 ure per dag gewerk om die tema te kies, kreet te skryf, flashes te teken en bewegings te oefen.

Verder oefen die skool minstens twee ure per dag vir drie weke aan die begin van die skooljaar. Ons het veral gefokus dat die leerders nie net hulle flashes onthou nie, maar dat hulle dit akkuraat en met skerp bewegings uitoefen.

DF Akademie se gelukbringer.

Die leerders het ook twee keer per week aandoefening gehad, waar die fokus was op ons gees-optrede by Groenpunt-stadion. By hierdie geleentheid trek die leerders volgens prettige temas aan.

Leanda du Bruyn is die skool se atletiekhoof.

Die atlete oefen al van verlede jaar af, maar die skool het amptelik vanaf die 19 Januarie elke dag ‘n sessie in die oggend waar atlete saam oefen.

Hoeveel ure is aan vanjaar se DTBS spandeer is?

Wanneer ons al die ure optel, kom dit by bykans 104 ure uit.


Hierdie blad is met trots geborg deur:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article