Downsindroom-vereniging Wes-Kaap gaan veiling hou, groot pryse kan gewen word

Die kleurloop het ongeveer R14 000 vir die DSVWK ingesamel.


Op Dinsdag 25 Maart is Downsindroom- bewusmakingsmaand gevier met ’n jaarlikse piekniek vir minderbevoorregte gesinne met kinders met spesiale behoeftes.

Daar was sowat 100 mense en 50 het aan die kleurloop deelgeneem.

Die organiseerder, Elana Visser, sê dit het gestortreën en nie eens dít kon die feesvieringe demp nie. Spar Boston het gesorg dat elke gesin ’n worsbroodjie kry en so ook het Nutshell ’n lekkergoedpakkie saam huis toe gestuur.

Op die dag van die kleurloop, wat by die Pre-primêre Skool La Rochelle plaasgevind het, was dit ’n mengsel van mense wat die dag ondersteun het.

Sowat R14 000 ingesamel

Só was Goodwood korrektiewe dienste se manne wat aan die fietstoer deelgeneem het, ook daar om die dag te ondersteun.

“Ons het ongeveer R14 000 ingesamel vir die Downsindroom-vereniging Wes-Kaap (DSVWK), maar wat die belangrikste was, was om almal bymekaar te kry om deel te word van die familie,” het Visser gesê.

Visser het Spar Boston bedank vir die 140 worsbroodjies wat die supermark aan die gesinne geskenk het, asook die BMW-motorgroep wat in die reën uitgekom het om die dag mee te maak.

Veiling

Op Saterdag 29 Julie gaan die DSVWK ’n veilig in Westcliff se saal hou.

“Ons probeer met die veiling soveel groot besighede as moontlik lok, sowel as enigeen wat deel wil wees van die aand. Dit gaan ’n prettige aand met ongelooflike pryse, sowel asgelukstrekkings, en soveel meer wees – metlewendige musiek en ’n lekker dansbaan om almal besig te hou,” sê Visser.

Almal kan hul eie drink- en eetgoed bring. Kaartjies kos R150 per persoon.

“Ons nooi almal van oor die Wes-Kaap heen om deel te word van die veiling.”

Pryse wat gewen kan word, is:
  • ’n Wegbreek by Atlantic Beach-hotel;
  • Meerlust-wyn;
  • Klein Zalze-koepon;
  • Mamma G’s-oogwimpers;
  • Anel Nolte-fotografiekoepon;
  • Sanctuary Dpa borg ’n dagspa-koepon;
  • The Letter Box Production borg ’n fotosessie vir twee ter waarde van R1 000;
  • Springbokvleis en nog baie meer wat kom.

Enige besighede of mense wat dalk tafels wil bespreek, kan Elana by 061 060 5566 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article