Foto ter illustrasie.Foto: Verskaf


‘n 15-Jarige seun van Brackenfell het gisteraand na bewering albei sy ouers doodgeskiet.

Die Brackenfell-polisie is omstreeks 18:00 ontbied na die huis in Sharonsingel in Proteahoogte waar die liggame van ‘n 37-jarige man en ‘n vrou met skietwonde gevind is. 

Die egpaar is op die toneel dood verklaar.

Die 15-jarige seun is in hegtenis geneem en word aangehou.

Volgens die Brackenfell-polisie sal hy later vandag vir sielkundige assessering gaan.

“Ons ondersoek tans die omstandighede rondom die dubbele moord,” sê ‘n polisiewoordvoerder.

Lees meer in die volgende uitgawe van TygerBurger.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article