Munisipale werkers by die vullis hoop waar die baba se liggaam gevind is.


’n Munisipale skoonmaak span het op Donderdag die liggaam van ’n pasgebore baba gevind tussen vullissakke op ’n onwettige stortingsplek langs Maroelaweg in Kraaifontein.

Die span was besig met ’n lente-skoonmaak projek wat verlede maand van stapel gestuur is. Grant Twigg, burgemeesterskomiteelid vir afval bestuur in die stad was by toe die gru-ontdekking gemaak is.

“Dit was ’n ongelooflike skok vir almal in die span toe die baba gevind is. Ons het dadelik die polisie gekontak wat na die toneel toe gekom het en tans die saak ondersoek. Almal in die span sal berading ontvang,” sê Twigg.

“Ons was besig om skoon te maak oorkant die nuwe informele nedersetting wat aan Belmont Park grens, toe een van die werkers gesien het daar lê babatjie. Dit is hartseer dat ons mense dit doen. Daar is ’n baby-safe in die nabye omgewing waar ’n babatjie wat die man nie wil hê nie, veilig in ’n boks geplaas kan word waar mense na hom of haar sal omsien,” sê Twigg.

Twigg doen weereens ’n beroep om jongmense om hul plaaslike kliniek te besoek vir familie beplanning en voorbehoedmiddels.

Caption: Munisipale werkers by die vullis hoop waar die baba se liggaam gevind is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article