Ek, en ek dink baie ander mense, wil graag weet: Wie reguleer hierdie motorfietsafleweringsdienste?
Hoeveel van daai mense is wettig in die land? Word daar net kos en kruideniersware rondgery, of dalk iets anders, soos dwelms, ook?
Hierdie ouens ry erger as die taxi’s op ons paaie. Hulle het geen respek vir padreëls nie.
Baie se motorfietse is nie eens padwaardig nie.
Dit is ’n onding wat nooit moes gewees het nie.
Dink bietjie, hoe skoon is die drywers se toiletmaniere?
Hy staan gou langs die pad, en jy eet tog te lekker aan jou kossies. Ek dink hulle moet so gou as moontlik gereguleer word en gereelde padwaardigheidstoetse ens. doen.



