Die brand op Tafelberg naby Tokai, Simonstad, Westlake en Noordhoek, waarin sommige mense hul huise moes ontruim, het weereens die naweek gewys hoe gevaarlik dinge kan uitdraai en hoe brawe brandweermanne en vroue hul lewens op die spel moet sit om lewens te red.

Die rookwolk kon ons in Table View duidelik sien, en op pad terug huistoe op die N1 naby Plattekloof, was die vlamme Saterdagaand nog duidelik sigbaar.

Sanparke het aangedui dat dit dalk brandstigting kan wees en dat die polisie die voorval gaan ondersoek.

As ‘n lid van die publiek, wil ek my dankbaarheid teenoor die manne en vroue wat die vlamme trotseer en die moeilike uitdaging aanpak om ander veilig te hou, uitspreek. Ook vir die brawe helikopter-vlieniers, wat tonne water skep en dit oral langs die brandlyne neerlaat.

Inwoner, Kaapstad

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article