Bothasig-polisie ondersoek saak van roof, moord

Ter illustrasie

Die Bothasig-polisie sê hy ondersoek ’n saak van roof en moord ná die aanval op ’n vrou van De Zicht, Richwood.

Die voorval het op Saterdag 12 November plaasgevind.

Volgens AO Jacques Mostert, polisiewoordvoerder, is hul beamptes die betrokke oggend vroeg na ’n misdaadtoneel in Sylviastraat, De Zicht ontbied.

“Op die toneel is daar op die lyk van ’n 22-jarige vrou en inwoner van De Zicht afgekom. Die oorledene was glo besig om na haar huis te stap toe sy om 01:40 aangeval word. Tydens die aanval is sy herhaaldelik gesteek. Sy is op die toneel dood,” sê Mostert.

Die enigste item wat vermis word, is haar selfoon, sê Mostert.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting rakende die voorval kan die ondersoekbeampte, sers. Jonathan Kriel, tydens kantoorure by 021 558 3688 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article