Op Sondag 3 Maart het ons by RocoMamas in Willowbridge ’n verjaarsdag gaan vier.
’n Jong man het kom aanbied om ons foto te neem. Later, toe ons die rekening wou betaal, was ons verbaas om te hoor dat die familie reeds vir ons betaal het.
Aan hierdie gawe mense, ’n groot dankie. Ons sal dit nooit vergeet nie.




