Wimpie Ackermann (57) en Monja Theart (21) tydens die P750 UIM-wêreldkampioenskap wat hulle verlede naweek gewen het.FOTO: Jeff Lathan Photography


Ná meer as drie dekades in die sport, kan Wimpie Ackermann (57) uiteindelik spog dat hy ’n P750 UIM-rubberbootwêreldkompetisie gewen het.

Ackermann en sy spanmaat, Monja Theart (21), albei van Bellville, het verlede week as die kampioene in Gqeberha uitgetree nadat hulle algeheel eerste in drie kategorieë gekom het.

Dit was vir die span ’n groot en welkome verrassing, veral omdat dit Theart se eerste keer is dat sy aan so kompetisie deelgeneem het.

Ackermann het haar net vyf keer saamgevat om vooraf te oefen, waarvan die see ’n paar keer windstil was.

Wimpie Ackermann en Monja Theart

Ackermann, wat veral bekend is vir sy prestasies by die Trans Agulhas-rubberbootkompetisie, ry al vir 14 jaar in ’n span saam met Whitey Louw.

Louw het onlangs ’n besering opgedoen en kan nie tans aan ’n rubberbootkompetisie deelneem nie.

“Toe hy nie kon saam nie, toe dink ek wat is die kans dat my span dit kon wen?”

Theart het haar egter bewys as iemand met uithouvermoë en sterk arms.

Ackermann het al verskeie kere die Trans Agulhas-rubberbootwedvaart gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article