Die gemeenskapspolisiëring-subforum (GPF) vir Sektor 3 het Maandagaand ná afloop van ’n vergadering afskeid geneem van sers. Maria Compion, bevelvoerder van Kuilsrivier-polisie se Sektor 3 sedert 2008.
Compion was 20 jaar by die Kuilsrivier-polisie en het die laaste 16 jaar as sektorbevelvoerder nóú met die GPF saamgewerk het. Sy het ’n verplasing aangevra omdat sy en haar man na die Klein Karoo verhuis.
Andrew Diedricks, voorsitter van die subforum, sê hulle het besluit om Compion met ’n ordentlike afskeid te verras om haar vir twee dekades se diens aan die gemeenskap te bedank. Hy het SJC, Bassett North, ST3 en Rowan Ferreira van Spar Somerset-Wes vir hul bydraes tot die geleentheid bedank.





