Rouklaers staan by die blou kis van Xavier Jansen.


Honderde rouklaers het Saterdag die begrafnis van die vyfjarige Xavier Mitchell bygewoon.

Xavier is verlede week dood toe die broer van sy oppasser hom drie keer met ’n mes in die rug gesteek het. Die verdagte is verlede week in die hospitaal opgeneem nadat lede van die gemeenskap hom aangerand het omdat hy die seuntjie na bewering vermoor het.

xavier mitchell

Die seuntjie se mesmoord het verlede Woensdag skokgolwe deur die Bishop Lavis-gemeenskap gestuur.
Son VERSKAF

’n Hartseer inwoner van Skyweg staan voor Xavier Mitchell (5) se huis en vee haar trane af. Foto: Theo Jeptha

Inwoners van Skyweg in Bishop Lavis troos mekaar nadat hulle die nuus van Xavier Mitchell (5) se dood ontvang het. Foto: Theo Jeptha
xavier mitchell

Die Mitchell-egpaar (ma, Sylvia, in rooi, en pa, Ricardo, met cap en sonbril) is dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning en toewyding vir geregtighed om te geskied.
Son VERSKAF
crime

Roubeklaers. (Supplied)

Hy is intussen ontslaan en is na die Valkenberg-hospitaal vir waarneming verwys omdat hy glo geestelik versteurd is.

Honderde mense het met taxi’s en busse by die begrafnis by die Belhar-begraafplaas opgedaag.

Sers. Samantha Adonis, polisiewoordvoerder by die Bishop Lavis-polisie, het die begrafnis bygewoon en sê dit was hartroerend.

Dit was verblydend om te sien hoe die gemeenskap die familie kom ondersteun het.

“Dit was verblydend om te sien hoe die gemeenskap die familie kom ondersteun het. As ons gemeenskap so kan saamstaan, kan ons die geveg teen misdaad in ons gemeenskappe wen. ’n Begrafnis soos dié laat weer ’n mens die lewe waardeer, want so ’n jong kind se lewe is sinloos weggeruk. My hart gaan uit na die ouers en ek hoop hulle sal eendag berusting vind,” sê Adonis.

Volgens Adonis het die verdagte Maandag in die hof verskyn. “Die verdagte het mediese evaluering ondergaan om sy sielkundige toestand te bepaal en of hy geskik is om in die hof te verskyn,” sê sy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article