Juanita Aggenbach met al die boeke uit haar pen
Juanita Aggenbach met al die boeke uit haar pen

Die jongste boek deur die Durbanvillese skrywer Juanita Aggenbach, Liewer as lig, word op Donderdag 9 April deur Lux Verbi by die Durbanville-biblioteek bekendgestel.

Lizelle de Bruin van RSG sal in gesprek met Juanita wees.

Liewer as lig is reeds Juanita se vyfde boek. Sy het sopas die goeie nuus ontvang dat die manuskrip van haar eerste jeugroman, Anderkant oorbegin, op die kortlys van die LAPA-Jeugromankompetisie is. Die wenner word op 14 Mei aangekondig.

Haar boek, Toe Elvis ophou sing, is ook in 2016 vir ’n ATKV Woordveertjie genomineer.

Krag van genade

Liewer as lig is ’n roerende verhaal van versoeking, tweede kanse, vergifnis en die krag van God se liefde en genade.

Die boekomslag van Juanita Aggenbach se nuwe boek
Die boekomslag van Juanita Aggenbach se nuwe boek

Dit gaan oor Leah en Schalk wat hul voorstedelike droom uitleef: Hulle is gelukkig getroud, het twee pragtige kinders en baie vriende — alles wat hul hart begeer. Schalk is Leah se beste vriend en ’n wonderlike pa. Tot Schalk begin om al minder tyd saam met sy familie deur te bring. Dit terwyl Barend Lubbe, die aantreklike nuwe onderhoof, simpatiek is teenoor Leah en haar ’n skouer bied om op te huil.

Schalk sluit aan by ’n Bybelstudiegroep en skielik is hy ’n ander mens. Hy drink glad nie meer saam met Leah en hul vriende nie, en dit voel vir Leah of hy haar heeltyd stilletjies veroordeel. Hul ou vriende vermy hom; daar is ’n groeiende kloof tussen hulle – en dan verloor Schalk boonop sy inkomste. Kan hul lewe saam gered word? Sal Leah en Schalk leer om God se leiding van dag tot dag te vertrou?

READ ALSO: Young Brackenfell woman distils challenging life experiences into poetry

Inspirerende roman

“Ná vyf jaar is ek baie bly om te sê ek gee uiteindelik weer ’n boek uit. Hierdie keer is dit ’n inspirerende roman wat Lux Verbi uitgegee het,” sê sy.

Die ander boeke uit haar pen sluit vier romans — almal met ‘n tema — in, asook ’n Romanza-boek, ‘n liefdesverhaal, Op die horison ver.

Dis my geheim handel oor aanneming, Toe Elvis ophou sing oor alkoholisme en grootword in die huis van ’n alkoholis, Gister is verby oor borskanker, en Stille Waters oor tienerdepressie en selfdood.

. Die boekbekendstelling begin om 10:30. Bevestig bywoning by RSVP@jonathanball.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article