Dertien polisiekonstabels van Kraaifontein-polisiekantoor is vandeesweek tot die rang van Sersant bevorder op `n amptelike paradeseremonie by dié kantoor.
Die seremonie is gelei deur die stasiebevelvoerder brig. John Alexander wat die polisie se gedragskode uitgelees het. Daarna is die range individueel aan die beamptes se skouers aangebring.
Ons is baie trots op ons polisiebeamptes wat daarna streef om die gemeenskap van Kraaifontein elke dag na die beste van hul vermoëns te dien.
Alexander het die nuut bevorderde sersante geluk gewens en beklemtoon dat hul nuwe range groter verantwoordelikhede meebring en dat hulle nou as voorbeelde en mentors vir jonger kollegas moet dien.
Die bevorderingseremonie was die eerste geleentheid in sy soort by Kraaifontein-polisiekantoor, juis om polisiemanne se harde werk te erken en die moreel in die diens te versterk.
“Ons is baie trots op ons polisiebeamptes wat daarna streef om die gemeenskap van Kraaifontein elke dag na die beste van hul vermoëns te dien,” het Alexander gesê.






You must be logged in to post a comment.