Die "leesfeetjies" saam met van die leerders en hul gunstelingboeke.
Die “leesfeetjies” saam met van die leerders en hul gunstelingboeke.

Leerders by die Laerskool Vredekloof het die afgelope Wêreld-hardopleesdag met die tema “Feëverhale” gevier.

Opvoeders het klasse uitgeruil om boeke voor te lees, en die grondslagfase is deur die “leesfeetjies” bederf met boekwurm jellielekkers.

Elke leerder het ook `n boekmerk ontvang wat hulle kon inkleur en hou vir wanneer hulle lees.

“Dit is elke jaar so lekker om te sien hoe die leerders se gesiggies ophelder as `n opvoeder van `n ander graad, sporthoof of selfs die skoolhoof vir jou `n boek kom lees. Lees speel `n integrale deel van elke kind se ontwikkelling en dit is elke jaar `n dag waarna alma uitsien,” sê `n woordvoerder van die skool.

Die skoolhoof, Philip Wessels, lees vir die Graad R’e `n boek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article