Inwoners en padgebruikers in Kuilsrivier moet daarop let dat ‘n gedeelte van Sandalwoodweg, tussen Peperboomstraat en Saxdownsweg, van Maandag 2 Februarie tot einde Mei gesluit sal wees.
Hoekom word die pad gesluit?
Volgens die Stad Kaapstad se direktoraat stedelike mobiliteit is die sluiting noodsaaklik vir:
- Die opgradering en verdubbeling van die Saxdownsweg-Sandalwoodweg-kruising
- Die byvoeging van ‘n nuwe oostelike deel by die kruising (Boschendalweg na die Haasendal-ontwikkeling)
Wanneer vind die werk plaas?
Padwerk sal van Maandag tot Saterdag tussen 07:00 en 17:30 uitgevoer word, in goeie weer.
Verkeersvloei
Verkeer in Sandalwoodweg sal wel in albei rigtings geraak word, maar sal te alle tye geakkommodeer word om verkeersvloei tussen Bottelaryweg en Langverwachtweg te verseker.
Alternatiewe roetes:
Motoriste kan Sandalwoodweg bereik via Kerkstraat en Amandelweg.

Padtekens sal duidelik aandui waar padsluitings en ompaaie is. Die werskgebiede sal daagliks afgebaken word om verkeersvloei te reguleer.
Belangrike waarskuwing:
Enige geparkeerde voertuie wat padwerk versper, sal verskuif of weggesleep word.
Veiligheidswenke vir padgebruikers:
- Wees versigtig terwyl padwerk aan die gang is
- Verminder spoed wanneer jy deur die werksgebied ry
- Volg alle padaanwysings
- Wees waaksaam rondom padwerk
- Let op vir ongelyke padoppervlakke
- Neem konstruksiewerkers in ag
- Maak voorsiening vir ‘n langer rit
Die tydelike padsluiting sal tot 30 Mei duur, mits daar geen onvoorsiene vertragings is nie. Motoriste word aangemoedig om alternatiewe roetes te oorweeg aangesien die padwerk na verwagting tot druk verkeer en vertragings sal lei.
Kontak die Stad Kaapstad se inbelsentrum by 0860 103 089 of volg @CityofCTAlerts op X.






You must be logged in to post a comment.