Neéke Smuts tydens een van haar DanceStar-optredes.
Neéke Smuts tydens een van haar DanceStar-optredes.

Die jong danstalent Neéke Smuts het die dansgemeenskap verstom met haar uitstekende prestasies by die DanceStar Suid-Afrikaanse kwalifiseerder-kompetisie wat op 7 en 8 November plaasgevind het.

Nie net het die Bellvilliet gekwalifiseer vir al haar danse nie, maar sy het ook die groot eer behaal om Suid-Afrika by die 2026 DanceStar Wêreld-meesters in Kroasië te verteenwoordig.

Neéke se uitslae by die kompetisie spreek boekdele van haar toewyding en talent:

  • Hip-hop Solo: 3de plek in A-liga
  • Rooted Open-groep: 1ste plek in A-liga
  • Savage hip-hop-groep: 4de plek in A-liga
  • Ravage hip-hop-groep: 3de plek in A-liga
  • Duo: 2de plek in B-liga
  • Open Solo-groep: 5de plek in B-liga

Veral haar eerste plek in die Rooted Open-groep in die A-liga is ’n merkwaardige prestasie wat haar status as een van die top jong dansers in die land onderstreep.

Neéke beskryf dans as haar passie en 'n plek waar sy vry voel.
Neéke beskryf dans as haar passie en ‘n plek waar sy vry voel.

Volgens Neéke se ma, Neeltje Smuts, het haar dogter se dansreis op 8-jarige ouderdom by die LMRI Academy of Dance begin, waar sy aanvanklik moderne dans beoefen het. “In Julie 2018 het sy met hip-hop begin, en dit het nou haar grootste fokus geword,” vertel sy.

Neeltje beskryf hoe trots sy op Neéke se volharding is: “Om te weet dat haar toewyding en ure se oefening met ’n Wêreldmeesters-kwalifikasie bekroon word, is die hoogste erkenning van haar talent en passie.”

Dans het veel meer as net fisieke vaardighede aan Neéke geleer. “Die dissipline en toewyding wat sy in dans aanleer, help haar ook met tydsbestuur en ander aspekte van haar lewe,” verduidelik haar sy.

Neéke is deel van die hip-hop-groepe “Ravage” en “Savage”, met Savage wat die meer intensiewe en uitdagende roetines uitvoer. Hulle het al by geleenthede soos Cape Town’s Most Wanted in die Artscape-teater opgetree.

Vroëere suksesse

Hierdie is nie Neéke se eerste groot prestasie nie. In 2019 het sy die vyfde plek vir haar eerste Modern Solo by DanceStar Suid-Afrika verwerf. Haar groepdans het toe eerste plek verwerf en die geleentheid gekry om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig, alhoewel dit weens die pandemie in 2020 nie kon plaasvind nie.

In 2024 het sy aan die DanceStar World Masters in Kroasië deelgeneem, wat volgens haar ma “’n onvergeetlike belewenis” was waar Neéke “nuwe vriendskappe gesmee het en haar netwerk van dansers uitgebrei het.”

Dans het veel meer as net fisieke vaardighede aan Neéke geleer.
Dans het veel meer as net fisieke vaardighede aan Neéke geleer.

Wat besonder opvallend is, is hoe die gesin ’n langtermynvisie vir Neéke se toekoms handhaaf.

Haar ma vertel van die “uitdagende maar wyse besluit om haar deelname aan die kompetisie in Kroasië volgende jaar te kanselleer, aangesien dit die koste van deelname en haar akademiese verpligtinge sou beïnvloed.”

“Ons neem Neéke se langtermyn toekoms ernstig op en waardeer die lewenslesse wat sy uit dans geleer het,” sê sy.

Neeltje waardeer dit dat Neéke se skool, die Hoërskool DF Malan erkenning gee aan buitemuurse prestasies: “Ons waardeer dit dat haar skool erkenning gee aan buitemuurse prestasies, wat leerders motiveer om ewe trots te wees op hul skool en hul drome.”

“Die deelname aan die DanceStar World Masters was ’n onvergeetlike belewenis, en die opofferings was beslis die moeite werd,” sluit Neeltje af.

Neéke beskryf dans as haar passie en ‘n plek waar sy vry voel, al voel die oefenure soms oorweldigend, veral rondom eksamentyd. Sy beskryf die ervaring om Suid-Afrika in Kroasië by die Wêreldmeesters te verteenwoordig as onwerklik, wat bevestig dat die dissipline en opofferings wat sy maak, die moeite werd is.

Sy handhaaf ‘n dubbele doelwit: om altyd haar beste te gee, hetsy by kompetisies of in haar skoolwerk. Deur dans het sy waardevolle eienskappe soos selfvertroue en spanwerk aangeleer. Hoewel sy erken dit is moeilik om haar fokus meer na akademie te skuif, is sy oortuig dat die dissipline wat sy aangeleer het, haar in alle aspekte van haar lewe sal help.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article