Die verwoestende veldbrand wat Vrydag in die Bredasdorp-area begin het, is steeds nie ten volle onder beheer gebring nie. Die situasie het vanmiddag verder vererger toe een van die Overberg-distriksmunisipaliteit se groot brandweerwaens van die Bredasdorp-brandweerstasie in ’n ernstige ongeluk betrokke was.
Sowat 7 000 hektaar veld en fynbos is verwoes sedert ‘n veldbrand chaos gesaai het in die Bredasdorp-omgewing. FOTO: Overberg Distriksmunisipaliteit

BREDASDORP – Die verwoestende veldbrand wat Vrydag in die Bredasdorp-area begin het, is steeds nie ten volle onder beheer gebring nie. Die situasie het vanmiddag verder vererger toe een van die Overberg-distriksmunisipaliteit se groot brandweerwaens in ’n ernstige ongeluk betrokke was.

Die Overberg-distriksmunisipaliteit het berig dat die brandweertrok vroeër vanmiddag van ’n skuinste afgerol het terwyl die ‘n brandweerspan besig was om die vuur te beveg.

Twee brandweerpersoneel is in die ongeluk beseer en is onmiddellik na die plaaslike hospitaal vervoer waar hulle mediese sorg ontvang het.

Die verwoestende veldbrand wat Vrydag in die Bredasdorp-area begin het, is steeds nie ten volle onder beheer gebring nie. Die situasie het vanmiddag verder vererger toe een van die Overberg-distriksmunisipaliteit se groot brandweerwaens in ’n ernstige ongeluk betrokke was.
Twee brandweer-personeellede is beseer in ‘n ongeluk tydens die bestryding van die Bredasdorp-veldbrand.

“Dit was ’n uitdagende en intense vuur om te beveg,” het ’n woordvoerder van die munisipaliteit gesê. Ten spyte van die terugslag met die beskadigde brandweertrok, gaan die brandweerspanne voort met hul pogings om die vuur ten volle onder beheer te bring.

Die veldbrand het tot dusver groot uitdagings vir die brandbestryders ingehou as gevolg van die uitgestrekte aard van die gebied en die heersende weersomstandighede. Sowat 7 000 hektaar veld en fynbos is deur die brand vernietig. Maar geen wonings is in puin gelê soos op sosial media beweer is nie.

Ten spyte van die ongeluk met die brandweertrok, bly brandweerspanne toegewyd aan hul taak om die vuur te blus. Addisionele hulpbronne en personeel word aangewend om die gaping wat deur die beskadigde voertuig gelaat is, te vul.

Die munisipaliteit waarsku inwoners om waaksaam te bly en alle brandveiligheidsmaatreëls na te kom, aangesien die warm, droë en winderige omstadighede voortduur.

Die Overberg-distriksmunisipaliteit bedank alle vrywilligers en lede van die publiek wat onvermoeid gewerk het om hierdie brand te beveg en hulp te verleen aan die brandweerspanne.

LEES OOK: Smoke blankets Bredasdorp as Heuningberg mountain burns


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article