Truidjies Netbalhelde gekies vir Vrystaatspanne – SA Kampioenskappe wag!
o.12 Netbalspelers gekies vir Vrystaatspan

Truidjies Netbalhelde gekies vir Vrystaatspanne – SA Kampioenskappe wag!


Truidjies Netbalhelde is gekies vir Vrystaatspanne. Truida Kestell Laerskool is ongelooflik trots op sewe van hul uitmuntende netbalspelers. Hulle gaan die Vrystaatspan verteenwoordig in Pretoria in die onderskeie o.12- en o.13-spanne. Hierdie prestasie is ’n groot eer en ’n bewys van hul harde werk, toewyding en spangees.

Spelers wat gekies is, is:

  • o/12-span:
    • Mia Rautenbach
    • Linzi Botha
  • o/13-span:
    • Martinette Ras
    • Molemo Nhlapo
    • Mieke Boshoff
    • Heili van Heerden
    • Lienke Bartleman
Truidjies Netbalhelde gekies vir Vrystaatspanne – SA Kampioenskappe wag!
o.13 Netbalspelers gekies vir Vrystaatspan

Die SA Kampioenskappe vind plaas gedurende die Julie-skoolvakansie waar die Truidjies Netbalhelde wat gekies is vir die Vrystaatspanne teen die beste jong netbalspelers te staan gaan kom. Tydens hierdie SA Kampioenskappe kom al die netbalspelers bymekaar om met trots hul provinsies te verteenwoordig. Truidjies gaan Bethlehem se naam hoog hou en hulle sal alles gee op die netbalbaan.

Laerskool Truida Kestell wens hierdie sterre alles van die beste toe vir die groot toernooi. “Mag julle elke wedstryd met moed en trots aanpak en die Truidjies se vlag hoog laat wapper!”

Lees meer Skolenuus: https://novanews.co.za/

https://truidakestell.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article