Telkom Netballiga-finaal - Sentraal se afrigters en oud-Tralies skitter
Sentraal oud-Tralies

Telkom Netballiga-finaal – Sentraal se afrigters en oud-Tralies skitter


Hoërskool Sentraal se afrigters en oud-Tralies het geskitter by Telkom Netballiga-finaal. Tralies kan met trots terugkyk op ’n merkwaardige prestasie tydens die Telkom Netballiga (TNL) finaal. Nie net het oud-Tralies hul talent op die nasionale verhoog gewys nie, maar huidige afrigters het ook hul stempel afgedruk.

  • Refiloe Nketsa, oud-Tralie en huidige Blokke-afrigter, was ’n sleutelspeler vir die Vrystaat Crinums. Sy is aangewys as die beste middelveldspeler van die finaal.
  • Megan Erasmus, afrigter van die o.14A-span, het haar vaardighede en passie vir die spel op die baan bewys.
  • Xandri Fourie, nog ’n trotse oud-Tralie, het ook deel gevorm van die wenkrag wat die Gauteng Fireballs in die eindstryd geklop het.
  • Elizna van den Berg, oud-Tralie, het die finaal met groot professionaliteit geskeidsreg en die wedstryd se integriteit verseker.

Die Crinums se oorwinning teen die Fireballs is ’n hoogtepunt wat nie net hul spanwerk en talent beklemtoon nie. Dit wys ook die kwaliteit van afrigting en spelers wat uit Sentraal voortkom.

Sentraal oud-Tralies

“Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle – julle wys dat Tralies nie net op skoolvlak uitblink nie, maar ook op die nasionale sporttoneel.”

https://sentraal.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article