‘n Vragmotor het skade op Bainskloofpas veroorsaak wat weereens kommer laat ontstaan het oor die pas se polisiëring.
Die Wes-Kaapse departement van mobiliteit het kommer oor swaar voertuie wat op Bainskloofpas vasgeval het, wat verkeersprobleme en veiligheidsrisiko’s veroorsaak. Vergaderings oor oplossings het reeds plaasgevind.
Gesprekke tussen die Drakenstein- en Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteite en die Wes-Kaapse regering duur voort oor moontlike oplossings om vragmotors op Bainskloofpas te verbied.
Die Drakenstein-munisipaliteit het besluit om ‘n skrywe te rig aan die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit oor die Bainskloofpas se misbruik deur vragmotors, nadat die munisipaliteit ‘n aanvanklike mosie hieroor verwerp het.
Bainskloofpas is weer gesluit na ‘n vragmotor met ‘n wa naby Gawie se Water omgeslaan het. Die pas bly gesluit en inwoners het die voorval gehoor, met kommentaar van die…