Vyfdegeslag-leerders en hul ouers saam met die skoolhoof, Justus Schoonraad. Foto’s: Anan Jacobs


Die Hoërskool Swartland het Donderdagaand (28 Julie) erkenning gegee aan vyfdegeslag-leerders wat met trots in hul voorvaders se voetspore loop.

Justus Schoonraad, die hoof, het by die geleentheid gesê elke geslag laat ’n nalatenskap agter.

“Genade, waardes en geloof van die leerders se voorouers is dié nalatenskap.”

Selma Walters se dogters Marléna (graad 12) en Carien (graad 9) was van die leerders wat hul vyfdegeslag-balkies ontvang het.

Volgens Selma boer die Walters-familie al geslagte lank op die plaas Voorspoed in die Malmesbury-distrik en haar man, Bertie, se oupagrootjie Stephanus Sebastiaan Walters, ook bekend as Oupa Stewie, het van 1928 tot 1930 vir die skool se eerstespan rugby gespeel. Hy was die tweede geslag.

“Oupa Stewie was in 1930 die eerstespankaptein,” vertel Selma.

“Ek het in 1998 gematrikuleer. My nooiensvan is ook Walters, maar my twee dogters is die vyfde geslag van hul pa se kant,” verduidelik Selma.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article