Twee verdagtes wat van moord aangekla word, het gister in die landdroshof op Malmesbury verskyn. Volgens sers. Jonathan Filander is vyf verdagtes verlede Dinsdagaand in hegtenis geneem wat vermoedelik by die moord op ’n inwoner in Darling betrokke was. Die slagoffer is verlede Dinsdagaand by ’n huiswinkel op die hoek van Bloekkomboom- en Eikeboomlaan agt keer in die gesig geskiet. Die noodlottige voorval het reg onder ’n sekuriteitskamera plaasgevind wat dit vir die plaaslike polisie van Darling moontlik gemaak het om die verdagtes vas te trek en in hegtenis te neem. Volgens Filander was die slagoffer en die verdagtes bekend aan mekaar. Die slagoffer se voormalige meisie en sy dogter was tydens die voorval teenwoordig. ’n 9 mm-pistool is in die aanval gebruik. Die polisie kan in dié stadium nog nie bevestig of die vuurwapen onwettig in die besit van die verdagtes was nie, omdat die vuurwapen steeds soek is. ’n Verdere drie verdagtes is in hegtenis geneem. Die drie mans word vir ondervraging aangehou. Nie­mand anders is in die aanval beseer nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article