Swartland Toerisme het ’n vars nuwe baadjie aangetrek. Foto:


Swartland Toerisme pronk nou met ’n nuwe handelsmerk.

Swartland Toerisme NPC, wat in Julie 2022 tot stand gebring is, het sy splinternuwe baadjie aangetrek en skud behoorlik die vere reg vir die nuwe jaar.

Die streek se toerismemaatskappy, ’n organisasie sonder winsoogmerk, het verlede jaar die dorpe Yzerfontein, Darling, Malmesbury, Moorreesberg, Koringberg en die Riebeekvallei onder een handelsmerk verenig, en kyk sedertdien nie vir een oomblik terug nie. “Ons is verheug om ’n nuwe handelsmerkidentiteit en -veldtog te onthul, wat daarop gemik is om die streek as ’n voorkeurbestemming te bemark en bewustheid van die streek se kulturele, geografiese, landbou en kulinêre diversiteit te verhoog,” het die toerismebestuurder Lizelle Carstens met die bekendstelling gesê.

Kenmerkend aan die streek en sy mense, sluit die nuwe handelsmerk bekende landmerke in, wat speels, inklusief en boonop modern is. Die verskillende en vars kleure spreek tot die ryk diversiteit van die Swartland.

Carstens het verder gesê die nuwe kenteken sal in die komende weke voortaan op alle bemarkingsmateriaal, op Swartland Toerisme se amptelike webwerf en ander plekke verskyn. Die Swartlandspan het groot planne om handelsmerkbewustheid in sosialemediaveldtogte en gebeure verteenwoordigend aan die uniekheid van elkeen van sy streek se dorpe te skep. Volgens Carstens sal die klem gewis op die Swartland val as die nuwe aan-die-brand-bestemming vir plaaslike en buitelandse besoekers.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article