Suzie Louw (links) se weersiens op haar 80ste verjaarsdag met haar strooimeisie van haar troudag 56 jaar gelede, Magda Basson (regs). Foto: Eben Jacobs Photography


Suzie Louw van Malmesbury het verlede naweek nie net haar 80ste verjaardag saam met familie en vriende gevier nie, maar ook weer die strooimeisie van haar troudag 56 jaar gelede gesien.

Susie is op 28 September 1968 as 24-jarige met haar man, Joppie Louw, in Tulbagh getroud. Dit was nog in die dae voor die Tulbagh-aardbewing.

’n 19-jarige vriendin, Magda de Klerk, was die strooimeisie aan hul sy.

Die Louw-egpaar het sedert 1972 in en rondom Malmesbury gewoon en gewerk.

Magda (nou Basson) en Suzie het al twee onlangs weduwees geword en juis daarom was hierdie weersiens vir hulle kosbaar.

Suzie sit nog lank nie stil nie; sy onderhou nog ’n groot tuin en staan ook bekend as baasbakster van kleinkoekies, vrugtekoeke en wildsvleispasteie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article