’n Fietsryer van Bonteheuwel het die kans van ’n leeftyd gekry toe hy onlangs gekies is om aan te sluit by die oefenkamp van die Union Cycliste Internationale (UCI), die internasionale bestuursliggaam vir fietsry, in die Paarl.

Sparkles Schultz, wat die laaste ruk vinnige opgang in die fietsry-wêreld maak, gaan ’n maand lank aan ’n UCI-oefenkamp deelneem saam met die beste ryers uit Afrika. Hy is een van net twee Suid-Afrikaners wat vanjaar aan die oefenkamp deelneem, waar hulle deur ervare mentors en afrigters die fynere kunsies van fietsry geleer gaan word.

Professioneel

Schultz sê hy weet nie veel van die oefenkamp nie, maar wat hy wel weet is dat dit ’n goeie geleentheid is. “Miskien kan die mense wat daar is, potensiaal in my sien en dalk kan ek professioneel raak. Baie mense sê geleenthede soos dié kom nie elke dag oor ’n mens se pad nie,” sê Schultz.

Nigel Isaacs, ’n fietsry-kommissaris van die Wes-Kaap, sê elke nou en dan kry hulle uitnodigings van die UCI om ryers of ’n ryer te nomineer wat uitblink en wat potensiaal het om verder te gaan.

“Die laaste ses maande tot ’n jaar het Sparkles in ’n kort tyd baie goed gevaar – veral met sy prestasie by die Suid-Afrikaanse-kampioenskap vroeër vanjaar. Dit was duidelik dat hy die talent het en ons wil seker maak dat daar na sy talent gekyk word. Hulle het na ons uitgereik en gevra wie ons dink het genoegsame talent en sonder om te veel te dink het Sparkles se naam by my opgekom,” sê Isaacs.

Volgens Isaacs was daar niemand anders aan wie hy kon dink wat in hierdie stadium dit meer verdien as Schultz nie. “Net in die kort tydjie wat hy op die baan is, het hy reeds soveel uitgeblink. Sy deursettingsvermoë is bewonderenswaardig en dit is hoekom die raad eenparig besluit het om hom te nomineer,” sê Isaacs.

Schultz het verlede Vrydag by UCI aangesluit.

’n Fietsryer van Bonteheuwel het die kans van ’n leeftyd gekry toe hy onlangs gekies is om aan te sluit by die oefenkamp van die Union Cycliste Internationale (UCI), die internasionale bestuursliggaam vir fietsry, in die Paarl.

Sparkles Schultz, wat die laaste ruk vinnige opgang in die fietsry-wêreld maak, gaan ’n maand lank aan ’n UCI-oefenkamp deelneem saam met die beste ryers uit Afrika. Hy is een van net twee Suid-Afrikaners wat vanjaar aan die oefenkamp deelneem, waar hulle deur ervare mentors en afrigters die fynere kunsies van fietsry geleer gaan word.

Professioneel

Schultz sê hy weet nie veel van die oefenkamp nie, maar wat hy wel weet is dat dit ’n goeie geleentheid is. “Miskien kan die mense wat daar is potensiaal in my sien en dalk kan ek professioneel raak. Baie mense sê geleenthede soos dié kom nie elke dag oor ’n mens se pad nie,” sê Schultz.

Nigel Isaacs, ’n fietsry-kommissaris van die Wes-Kaap, sê elke nou en dan kry hulle uitnodigings van die UCI om ryers of ’n ryer te nomineer wat uitblink en wat potensiaal het om verder te gaan.

“Die laaste ses maande tot ’n jaar het Sparkles in ’n kort tyd baie goed gevaar. Veral sy prestasie by die Suid-Afrikaanse-kampioenskap vroeër vanjaar. Dit was duidelik dat hy die talent het en ons wil seker maak dat daar na sy talent gekyk word. Hulle het na ons uitgereik en gevra wie ons dink het genoegsame talent en sonder om te veel te dink het Sparkles se naam by my opgekom,” sê Isaacs.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article