Die Sixty60-afleweringsdiens verbonde aan Checkers het nou sy vlerke wyer gesprei en begin eersdaags inkopies van Shoprite aflewer.

Die nuus kom met ‘n bietjie gemengde gevoelens.

Sommige klante voel dit is ‘n goeie toevoeging tot die diens terwyl ander ook wil weet hoe dit moontlik die verkeer gaan raak.

Volgens die Shoprite-groep se media- span volg die besluit ná ‘n suksesvolle loodsprojek in die Wes-Kaap en Gauteng. Die dienste sal by 19 Shoprite-winkels in agt provinsies bekendgestel word.

“ ’n Gefaseerde ontplooiing sal verseker dat elke nuwe ligging die uitnemendheid en doeltreffendheid lewer wat met Sixty60 sinoniem geword het.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article