“Bly kalm; Pappa is hier vandag.” Dít was onder meer die slagspreuk vir die dag toe dit die pa’s van die Laerskool Swartland (LSS) – en nie die ma’s soos gewoonlik nie – was wat in die snoepie gewerk het. Dié pappas van LSS was die afgelope naweek behoorlik aan die kook nadat hulle besluit het om die mammas ’n ruskans te gee en die snoepie gedurende ’n sportdag te beman.
Die vure was reeds voor sonop aan die brand terwyl ontbyt en middagetes vir ’n suksesvolle sportdag voorberei is.
Die Laerskool Swartland was die afgelope naweek die gasheer vir ’n sportdag teen die Laerskool Vredenburg.
Ouers van die besoekende skool was omtrent verbaas om te sien wie agter die toonbank staan.
Cornel van der Merwe van Vredenburg was dit eens dat dié inisiatief deur die pa’s omtrent besonders was.
“Ons het dit nou baie geniet,” lag ’n ander ma.




