Malmesbury se krieketspan het ná sy klinkende vertoning met die kolf en bal op die Clanwilliam-sportterrein die afgelope naweek weer topkrieket in die Boland-promosieliga opgelewer.

Ongelukkig moes Piketberg se kolwers Saterdag (11 November) in sy sesde Boland-Promosieliga-wedstryd van die seisoen onder die blitsballe van K. Oosthuizen en M. Pieters op Malmesbury se sportveld deurloop.

Ná ses wedstryde, waarvan hy vier gewen en twee verloor het, beklee Malmesbury nou die vierde plek op die punteleer.

Malmesbury het in Saterdag se kragmeting teen Piketberg die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die wedstryd het om 10:00 begin en 187 minute geduur.

Malmesbury se openingsbouler, K. Oosthuizen, het Piketberg se openingskolwers, M. Pieters en J. Fortuin, uit die staanspoor met snelvuur gepeper en binne 49 minute van die twee ontslae geraak toe hy hulle twee vir onderskeidelik 10 en 1 terug kleedkamer toe laat stap het.

Eers het hy Fortuin vir een lopie geboul en drie minute later van Pieters ontslae geraak toe hy deur A. Henkerman vir 9 lopies uitgevang is.

Morné van Wyk het L. Janse met sy blitsballe vir 10 lopies been voor paaltjie (BVP) betrap en daarna ook D. Stevens vir 11 lopies van die veld af gestuur toe D. Dudley hom uitgevang het.

Met die toevoeging van Dudley en E. Amerika het hulle vinnig deur die middelordekolwers beweeg en Piketberg was ná net 187 minute terug in die pawiljoen vir 172 almal uit. Van Wyk het in sy 10 boulbeurte, waarvan twee leeg was, 3/20 laat kantel en was Malmesbury se beste bouler vir die dag. Hy is goed bygestaan deur Oosthuizen en die veteraan Sergio Rooms, wat elk twee paaltjies laat kantel het.

Ná die etenstyd het K. Goliath en L. Koopman Malmesbury se kolfbeurt net ná 13:40 geopen en die teiken van 173 begin jaag, maar Koopman is gou deur Afrika vir drie lopies van Goliath se boulwerk uitgevang. Goliath en A. Henkerman het ’n 50-tal gemoker van net 34 balle voordat Goliath sy paaltjie op 33 verloor het toe hy BVP deur R. Maarman betrap is. Henkerman is kort hierna vir 34 deur K. van Rooy geboul.

T. Timotheus en Rooms het bymekaar gekom en 53 lopies van 100 balle gemoker en die teiken van 173/3 in die 44ste boulbeurt gehaal, met nog sewe paaltjies staande. Timotheus het met 38 nie uit nie en Rooms met 46 nie uit nie geëindig.

Malmesbury is met dié oorwinning onoorwonne op sy tuisveld, en dinge lyk al beter vir Rooms en sy span.

Malmesbury se B-span het Piketberg se B-span in Piketberg met sewe paaltjies geklop toe hy die tuisspan vir ’n skrale 55 lopies uitgeboender en die teiken van 56 in die negende boulbeurt verbygesteek het toe D. Engelbrecht die wenlopies gemoker het.

Rooms se span reis Saterdag (18 November) na Robertson waar hy die tuisspan gaan aandurf, terwyl die tweedes Robertson in Malmesbury gaan ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article