Moorreesburg is die afgelope Dinsdag (7 November) in chaos gedompel toe ’n lokomotief teen ’n vragmotor gebots het. FOTO’S: Facebook/Moorreesburg Sakekamer


Inwoners en motoriste word aangeraai om die ongelukstoneel te vermy waar ’n trein en ’n vragmotor met ’n sleepwa in Piketbergweg op Moorreesburg betrokke was. 

Moorreesburg is die afgelope Dinsdag (7 November)

Moorreesburg is die afgelope Dinsdag (7 November) in chaos gedompel toe ’n lokomotief teen ’n vragmotor gebots het. FOTO’S: Facebook/Moorreesburg Sakekamer

Dít kom nadat die omgewing van Moorreesburg die afgelope Dinsdag op 7 November in chaos gedompel is toe ’n lokomotief, wat deur die dorp gery het, teen ’n vragmotor wat vol lupiene gelaai was, gebots het.

Die botsing het omstreeks 12:00 by die Rosenhof-treinspoorkruising plaasgevind.

Die vragmotorbestuurder het volgens die polisiewoordvoerder AO Nicolette Visagie slegs ligte beserings opgedoen. Geen ander motoriste of voetgangers het enige beserings in die ongeluk opgedoen nie.

’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word deur die polisie op Moorreesburg ondersoek.

’n Stop-en-ry-stelsel is sedert Woensdag ingestel om motoriste om die ongelukstoneel te begelei. Lede van die plaaslike wetstoepassingsdienste in samewerking met Transnet en brand- en reddinsgdienste was Vrydag 10 November op die toneel om die lokomotief en die vragmotor te verwyder.

Die vrag lupiene op die sleepwa van die vragmotor is intussen deur ’n plaaslike instansie in sakke gelaai. Die ingang vanaf die N7-snelweg na Moorreesburg nader aan Piketberg was Vrydagoggend tussen 09:00 en 12:00 vir verkeer gesluit. Padgebruikers wat deur Moorreesburg via Hopefield moet beweeg, word gevra om die alternatiewe ingangsroete nader aan die Riebeek-Wes-afdraai vanaf die N7-snelweg te gebruik.

Alle stappe om die ongelukstoneel op te klaar, word deur die Weskus-distriksmunisipaliteit se rampbestuursafdeling gekoördineer.

Nuwe inligting oor die opruimingsoperasie sal bygewerk word. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article