Altesaam 21 fietse is op 16 Oktober aan laerskoolleerders by die Anne Pienaar Gedenkskool oorhandig as deel van die Bike4All-veldtog. Foto: Verskaf,


Die span van Bike4All wat fietsry in Suid-Afrika bevorder, het op Woensdag 16 Oktober leerders by Anne Pienaar Gedenk Primêr buite Malmesbury besoek om 21 fietse aan die skool te oorhandig.

Die inisiatief, in samewerking met die provinsiale volhoubare vervoer program, ’n vennootskap tussen die Pedal Power-vereniging (PPA), die Bicycle Empowerment-netwerk en die Wes-Kaapse departement vir mobiliteit, is in die proses om altesaam 62 fietse aan plaaslike skole in die Swartland te oorhandig.

Die Bike4All-inisiatief het in Januarie 2017 afgeskop nadat die PPA en die Bicycle Empowerment-netwerk (BEN), kragte saamgesnoer het om fietsry in Suid-Afrika aan te moedig.

Goedehoop Primêr het op sy beurt 20 fietse ontvang, terwyl Welgemeend en Koranrug Primêr elk ses fietse gaan kry. ’n Verdere 19 fietse is aan ’n plaaslike ontwikkelingsgroep en ’n buurtwag in die streek oorhandig, voeg die woordvoerder van Bike4All, Janice Jagger, by.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article