Suid-Afrika se inwoners skuld die land se 257 munisipaliteite meer as R300 miljard.
Só het die minister van finansies, Enoch Godongwana, in Februarie tydens sy begrotingsrede gesê.
Die Langeberg-munisipaliteit se uitstaande skuld beloop tans R89 293 623,83 – ooreenkomste en lenings uitgesluit – en R180 575 033,96 insluitend ooreenkomste en lenings. Die munisipaliteit het vir die huidige boekjaar teen 30 Maart R4 077,75 se skuld afgeskryf.
Die volgende stappe word gevolg om skuld by inwoners in te vorder:
“Alle dienste kan beperk word, ontkoppel of gestaak word en regstappe kan geneem word teen debiteure wat enige reëling verbreek en sodanige skuld kan na derdeparty-skuldinvorderaars verwys word. Die munisipaliteit het ’n gevestigde skuldinvorderings- en kredietbeheereenheid. Die munisipaliteit implementeer skuldinvorderings- en kredietbeheer-prosedures volgens die raad se goedgekeurde kredietbeheer- en skuldinvorderingsbeleid. Munisipale rekeninge word maandeliks aan alle rekeninghouers gepos, wat stipuleer wat vir dienste wat gelewer is, verskuldig is,” verduidelik Langeberg se munisipale bestuurder, Daniël Lubbe.
Verder sê hy sal skuld slegs as oninvorderbaar beskou word indien dit aan een of meer van sekere vereistes voldoen. Hierdie sluit die volgende in: Alle redelike kennisgewings en kostedoeltreffende regs-moontlikhede is uitgeput om ’n spesifieke uitstaande bedrag te verhaal of, enige bedrag gelykstaande aan of minder as R500 of soos van tyd tot tyd deur die raad bepaal, sal as te klein beskou word nadat basiese kontrole gevolg is, om verdere pogings om dit in te vorder of die koste om die skuld te verhaal regverdig nie verdere transaksie, of die uitstaande bedrag wat met insolvensie verband hou nie. Die bedrag wat aan ’n bestorwe boedel uitstaande is, is bewys dat die skuld voorgeskryf is, die afwyking onopspoorbaar is of nie geïdentifiseer kan word om voort te gaan met verdere aksie nie of die skuldenaar het geëmigreer en geen bates van waarde agtergelaat om die raad se eis kostedoeltreffend te verhaal, of dit is nie moontlik om die uitstaande skuld te bewys nie; agterstallige skuld deur vorige administrasies, onder mekaar, wat nou deel vorm van die munisipaliteit; uitgawes aangegaan ten opsigte van interne rekeninge aangebring in die naam van die munisipaliteit, in enige vorige boekjaar, of omskakeling van ou dormante rekeningsaldo’s van debiteure, geërf van vorige munisipaliteite wat nou ’n deel van die munisipaliteit is en waar redelike stappe gedoen is om hierdie skuld te verhaal of alle debiteure wat ingevolge item 24 as behoeftiges geregistreer het, se agterstallige skuld sal afgeskryf word in terme van item 23 of indien ’n aanbod van volle en finale vereffening skriftelik deur die munisipale bestuurder ingevolge artikel (14) van die Langeberg-munisipaliteit se verordening oor kredietbeheer en skuldinvordering bevestig word; waar ’n eiendom aan die staat verbeur is vir die voorkoming van georganiseerde misdaad; deur die ondersteuning van die munisipaliteit se residensiële verwante skuldbestuursproses waar die skuldenaar aansoek gedoen het vir en hulpbehoewende subsidie ingevolge die hulpbehoewende beleid en dit toegestaan is; alle diens-skuld wat verband hou met daardie eiendom vir daardie debiteur, tot op die datum van gradering behoeftige status, sal alles afgeskryf word.

