HSS Landbou se wingerdprojek het aan die begin van September langs die seunskoshuis, Huis van Imhoff afgeskop. Foto’s: Verskaf

Credit: SYSTEM

Die Hoërskool Swartland in Malmesbury het die afgelope week geskiedenis gemaak en nuwe hoogtes bereik met ’n wingerd-projek van die “Rockies” se landbou-departement.

Dié hoërskool se landbou­departement, wat ook bekendstaan as die Hoërskool Swartland Landbou, het Vrydag amptelik sy eerste wingerdstokkie in die grond gesteek. Die aanplant van die wingerd val saam met die eeufeesviering van die seunskoshuis, Huis van Imhoff, wat reg langs die nuwe wingerd geleë is.

Janco Schutte, sport­organiseerder by HSS, het die oomblik as die begin van ’n nuwe era by die Hoërskool Swartland Landbou beskryf.

Barbara Cronje, die landbou-onderwyseres wat aan die begin van 2023 by HSS begin het, het van die eerste dag af baie energie na die skool gebring, sê Schutte.

Cronje, in samewerking met die bemarker Hattingh van Dyk en Schutte, wat albei vanjaar deel van HSS se personeel geword het en ’n groot passie vir landbou deel, het besluit om hul kennis vir die vak bymekaar te sit nadat Van Dyk vertel het van ’n suksesvolle wingerdprojek wat by ’n vorige skool uitgevoer is.

“Ek wil graag hê die landbou by die skool moet verbeter, en wat die bemarkingsaspek betref, gaan die wingerd ook vir ons skool voordele inhou.”

Die wingerd se ligging is volgens Schutte die geskikte plek en grond vir die projek.

Schutte en Van Dyk woon self by die seunskoshuis en probeer die beeld van die koshuis verbeter. Volgens hulle sal die projek bydra om die landbouseuns en -meisies van die streek by HSS te hou.

“Ons streef daarna om ons gemeenskap se kinders die beste geleenthede te gee,” sê Schutte.. Vervolg op bl. 2.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article