Die Hoërskool Dirkie Uys het die derde plek in die gesogte Agnus Pauw-tennis- toernooi gewen. Van links is Elle van Dyk, Anesce du Toit, Milla van Dyk, Hadassa Engelbrecht, Anke Liebenberg, Lumé van Heerden en Liebe van Schalkwyk.


Die Hoërskool Dirkie Uys van Moorreesburg se eerste meisiestennisspan het onlangs tussen 12 en 14 Februarie aan die gesogte Agnus Pauw-tennistoernooi by die skool deelgeneem en ’n algehele derde plek met hul vernuf verower.

Die HDU beskou die prestasie as besonders. “Ons is trots op hul deursettingsvermoë en spanwerk,” sê die skool.

Die uitslae was soos volg:

37-12 teen Bredasdorp, 36-13 teen Hermanus, 42-7 teen Upington en 37-15 teen Paarl Vallei, met een wedstryd wat teen HTS Drostdy met slegs een punt verloor is.

Paarl Gimnasium en HTS Drostdy het heel bo aan die ranglys uit die tien skole geëindig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article