’n Groepie gemeenskapslede, onder wie lede van die Montagu-gemeenskapsforum, het ’n plakkaatbetoging voor die Montagu-polisiekantoor gehou. Foto: Norman Evertson

Credit: SYSTEM

Die Montagu-gemeenskapsforum, onder leiding van Calvin Pekeur, die voorsitter, het verlede Woensdag (24 Augustus) ’n vreedsame plakkaatbetoging oorkant die Montagu-polisiekantoor gehou.

Slegs ’n handjievol mense het vir die betoging opgedaag.

Ellen Johnson het voor die aanvang van die plakkaatbetoging ’n gebed gedoen.

“Ons het nou nie die getalle gekry waarop ons gehoop het nie, maar ek glo ons het steeds ons boodskap duidelik oorgedra,” het Pekeur na afloop van die betoging, wat net sowat ’n halfuur geduur het, gesê.

Die groep se doel was tweeledig.

“Ons boodskap aan die polisie en, in fact, aan justisie, is dat die regstelsel misluk om ons vroue te beskerm. Vroue word mishandel en aangerand en dan word die skuldiges net ’n boete in die hand gestop,” sê Pekeur.

Pekeur sê voorts die gemeenskap eis groter polisie-sigbaarheid en meer patrollies in die woonbuurte.

Die betogers het plakkate omhoog gehou met die bewoording “The system have failed women” (sic), “We as women need more safety/protection from the police”, “Stop, stop vrouemishandeling. Genoeg is genoeg” en “Our trust is in our Creator of all”.

Die groep plakkaatbetogers is sowat ’n halfuur later steeds vreedsaam uiteen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article