Wella Samuels van Darling soek aansluiting by ’n spanmaat. Foto’s: Anan Jacobs


Die twee rugbyklubs Darling en Saron het Saterdag toeskouers met aksiebelaaide spel op die punt van hulle sitplekke gehad, maar dit was uiteindelik Darling wat as wenners uit die stryd getree het met die eindtelling wat op 50-31 te staan gekom het.

Darling se hoofafrigter, Neil Papier, het ná die kragmeting gesê al het sy span die wedstryd gewen, het hulle steeds baie werk om aan hul verdediging te gaan doen.

Hy meen albei klubs se spelers het goeie rugby gespeel en Saron het in die tweede helfte goed teruggekom maar kon net nie Darling op die puntebord verbysteek nie.

Die ander uitslae in die Swartland-streek was as volg:

Goodhopes 23-29 Never Despairs

Porterville 24-26 Moorreesburg

Koringberg 10-16 Villagers

Aangesien Abbotsdale steeds geskors is, kon die wedstryd tussen dié klub en Wesbank nie die naweek voortgaan nie.

’n Tugverhoor word vanaand (Dinsdag 6 September) gehou. Indien die klub die groenlig kry om sy ligaverpligtinge voort te sit, sal hy eerskomende naweek teen Darling speel.

Ander wedstrydbepalings vir 10 September sluit in:

Swartland

Saron teen Wesbank

Villagers WW teen Goodhopes

Never Despairs teen Porterville

Moorreesburg teen Koringberg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article