Die Darling Tigers pronk in hul nuwe truie Foto: Reagan Meyer

Credit: SYSTEM

Darling Tigers het Saterdag 3 September 22 nuwe truie ontvang.

Hierdie truie is geborg deur AK Warnick en Wayne Cleophas.

Brandon de Kok, stut en klubkaptein van Darling Tigers, het sy dank namens die span aan Warnick en Cleophas vir die nuwe truie oorgedra.

“Ons as die span waardeer die borgskap aan die klub.”

Die span het die vorige naweek die eerste keer in hul nuwe truie uitgedraf.

“Ek voel baie opgewonde en is bly dat ek hierdie voorreg het om in die trui te kan uitdraf. Ons het dié wedstryd teen Goedverwaght 32-29 gewen en ek kon die blydskap op die spelers se gesigte sien,” het De Kok gesê.

Warnick (die (burgemeesterskomiteelid vir veiligheidsdienste) het Cleophas, wat met ’n bydrae gehelp het, op sy beurt bedank. “Ons het saamgestem om in te staan om die span te help aangesien hulle na Covid deur ’n moeilike tyd gegaan het. Die truie het mooi uitgekom,” het Warnick gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article