Keagan Farao en Bob Marley het onlangs nege rosette in die SA kampioenskap in Bloemfontein verower.

Credit: SYSTEM

Sy liefde vir perdry het op ’n jong ouderdom begin toe hy ander kinders sien perdry het.

Só sê die 12-jarige ruiter Keagon Farao van Yzerfontein, wat met sy perd, Bob Marley goed in springvertonings, skouvertonings, gimkana’s en Western Mounted Games presteer.

Keagon en Bob Marley stap al ses jaar lank ’n pad saam. Sy beste prestasie nog was toe hy nege rosette by die nasionale kampioenskap vroeg in Oktober gewen het, waar hy sy skool, Vooruitsig Primêr, en die Wes-Kaap in Bloemfontein verteenwoordig het.

“Ek is altyd opgewonde wanneer ek perdry en geniet elke oomblik daarvan om met perde te werk – maak nie saak watter soort perd dit is nie,” sê Keagon. Volgens hom is Lana de Villiers, by wie se ryskool sy pa hom agt jaar gelede ingeskryf het, vir hom soos ’n tweede ma. “Sy inspireer my en bemoedig my om my beste vir perdry te gee,” sê hy en voeg by hy droom om eendag met een van sy rolmodelle, Tiaan White, ’n nasionale kampioen, se snelloperperde (quarter horse) in kompetisies deel te neem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article