Die Malmesbury-polisie het ’n lys veiligheidswenke aan plaaslike inwoners en besoekers wat dié vakansie in die streek deurbring, uitgereik. Die verklaring sluit onder meer veiligheid by OTM’e en aanlyn handel oor die feestyd in.
Veiligheidswenke by die OTM:. Wees oplettend en bewus van jou omgewing wanneer ’n OTM gebruik word.. Moet nooit jou bankkaart of bankkode aan enigiemand gee nie.. Moet nooit jou bankkode naby jou kaart neerskryf nie.. Moet nooit jou bankkaart in die OTM druk voordat dit op die skerm aangedui word nie.. Moet nooit ’n OTM met ’n skoon skerm gebruik nie – en moet ook nie die OTM op afgeleë plekke, in swak lig of as dit verskans is, gebruik nie.. Staan naby die OTM en gebruik jou liggaam as ’n skild om te keer dat iemand jou bankkode sien.. Bedek die kaart met jou hand om seker te maak niemand kan dit ruil of vat nie.. Moet nooit hulp van vreemdelinge aanvaar wanneer jy die OTM gebruik nie.. Misdadigers werk in spanne – een om jou aandag af te trek en die ander om jou besittings te steel.. Skakel die bank se tolvrynommer en stop onmiddellik die gebruik van jou kaart wanneer dit deur die OTM ingesluk word.. Moet nooit toelaat dat ’n vreemdeling die tolvrynommer skakel nie.
Veiligheidswagte word by OTM’e geplaas om misdadigers weg te hou, nie om jou met transaksies te help nie.. Dit kan raadsaam wees om elke dag die daaglikse limiet op jou kaart te verander.
Wenke vir aanlyn handeldryf oor die feestyd:. Moet geen items gee of ontvang voordat die transaksie afgehandel is nie.. Behou die items tot bevestiging van die bank rakende die betaling ontvang is.. Bel die bank sodra jou betalingskennisgewing per SMS ontvang is en vra of die transaksie geldig is. Misdadigers kan vals SMS’e stuur.. Moet nie betaal of geld stuur sonder dat jy die item gesien het nie. Maak seker die items is in dieselfde toestand soos geadverteer.. Maak seker die beskrywing en foto’s in die advertensie stem ooreen met die produk.. Toets eers elektroniese toestelle en maak seker dit is in ’n werkende toestand.. Vra selfoonnommers en e-pos-adresse aan en maak seker dit is geldig en in gebruik.. Haastige verkopers en kopers kan verdag wees.. Maak seker die webwerf is geldig wanneer jy banksake aanlyn doen.. Moet nooit ’n deposito vir aanlyn aankope betaal nie.. Moet nie ’n groot bedrag geld by jou dra wanneer jy die verkoper moet ontmoet nie.. Gaan eerder saam na die bank om geld te trek of doen ’n aanlyn transaksie sodra die verkoopsooreenkoms afgehandel is.. Neem altyd iemand saam wanneer jy ’n verkoper iewers moet gaan ontmoet word. Reël dat julle verkieslik in ’n besige gebied in die openbaar of naby ’n polisiekantoor ontmoet.. Indien moontlik, maak seker van die koper of verkoper se identiteit deur hulle vir hul identiteitskaart (ID) te vra.



