Ons pak Interskole 2022 met trots in ons harte aan – trots om deel van Hoërskool Swartland se eerstespan in hokkie te wees.
Ons sou nie met dieselfde oorgawe kon speel as dit nie vir coach Francois en Tannie Wanda was, wat soveel ure ingesit het om ons te vorm en af te rond nie.
Die passie wat julle vir hierdie sport het, is aansteeklik. Die vlammetjie brand in elkeen van ons se hart om ons beste vir julle te doen. Al was ons nie die maklikste groep meisies nie, wil ek steeds baie dankie sê vir jul betrokkenheid by ons!
Sterkte aan al die ander spanne. Ons staan bankvas agter julle! You’ve got what it takes!
Vir my span – baie dankie dat julle agter my staan en jul beste vir elke oefening en wedstryd doen. Julle het die skills wat nodig is om ons span tot oorwinning te lei. Ek is trots om saam met julle in ’n span te wees! Glo in julself, gee julle alles, want ons is ’n wenspan. – Marissa Cotter, o.19A-meisieshokkiekaptein





