Die Swartland- Old Boys-kenteken

Credit: SYSTEM

Voormalige rugby-, netbal en hokkiespelers van die Hoërskool Swartland en Hugenote Hoërskool sal Vrydag (19 Augustus) weer die geleentheid kry om die eerste keer sedert die Covid-19-uitbreking kragte te meet.

Die wedstryde word by die Hoërskool Swartland (HSS) se velde gespeel.

William Koch, voorsitter van HS Swartland se oud-studentebond, sê dit is ’n groot en belangrike geleentheid vir die Malmesbury-gemeenskap.

Volgens Koch is dit nie net die spelers wat die oomblik herleef waarop hulle in daardie tyd uitgemis het nie, maar die spelers sal ook nuwe truie ontvang.

Die Old Girls-hokkiewedstryde begin om 17:00 op HSS se Astrobaan, gevolg deur die Old Boys-hokkie om 18:30. Die 2020-’21- Old Girls-netbalwedstryd word om 17:00 gespeel en die Old Girls om 18:00.

Die 2020-’21- Old Boys-rugbywedstryd begin om 18:30 op die A-veld met die ouer manne wat hul interskole-kragmeting om 19:30 aanpak.

“Almal is welkom om hierdie dag by te woon. Al wat die toeskouers moet doen, is om R10 by die hek te betaal en die dag saam met die oudspelers te kom geniet,” nooi Koch.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article