Die Hugo & Hugo-motorgroep het onlangs die opening van sy Suzuki-tak in Malmesbury gevier.


Suzuki Malmesbury het sy deure Vrydag (21 Oktober) amptelik geopen.

Dit is met ’n klein geselligheid gevier. Hierdie is die eerste Suzuki-tak in Malmesbury sedert die naaste Suzuki-tak in 2015 in Vredenburg geopen het.

Nie net is dit ’n groot voorreg vir die Hugo & Hugo-motorgroep om ’n Suzuki-tak in die Swartland te open nie, maar die gasvryheid en ondersteuning van die plaaslike gemeenskap is vir hulle ’n riem onder die hart.

Laeticia Hugo het namens die Hugo & Hugo-motorgroep die burgemeester en onderburgemeester van Malmesbury, wat die aand se verrigtinge bygewoon het, bedank. “Ons is opgewonde en ywerig om die Suzuki-vlag hier in Malmesbury hoog te laat wapper,” het sy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article