Swaar reën en donderstorms word vir Vrydag en Saterdag voorspel.

Raychel Sanner

Die
Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeg Woensdagoggend ‘n Vlak-6 waarskuwing vir
erge donderstorms uitgestuur. Die waarskuwing sluit gure weerstoestande vir
Vrydag 16 en Saterdag 17 Desember in.

Die
Swartland en omliggende dorpe en streke soos Saldanhabaai, Stellenbosch en die
Witzenberg sal na verwagting gedurende Vrydag deur swaar reënval
en moontlik hael geaffekteer word, terwyl die sentrale en suidelike dele van die
Wes-Kaap Saterdag stormagtige weerstoestande kan verwag. Die weerdiens
waarsku verder dat swaar reën vloede tot gevolg kan hê.

 “Wyd
verspreide donderstorms word Vrydag en Saterdag na verwagting vir die Wes-Kaap,
Namakwa en die Noord-Kaap verwag. Die donderweer sal beduidend gedurende Vrydagoggend in die westelike dele van die provinsie voorkom. Swaar reënval van
tussen 20 mm/h en 30 mm/h, stormsterkwinde van tussen 50 km/h en 80 km/h, weerlig,
donderweer asook hael van een tot twee sentimeter groot kan verwag word,” lui die verklaring. 

Die
weerdiens vra dat inwoners sover moontlik binnenshuis en weg van
metaalvoorwerpe bly. Sterk waterstrome moet ook vermy word waar moontlik.
Daar word verder versoek dat mense nie gaan visvang of golf speel nie, omdat
visstokke en golfstokke ‘n afleier van elektrisiteit is.

Fratsvloede
en oorstromings kan moontlik in laagliggende areas en informele nedersettings voorkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article