Leah Taljaard sien vanjaar baie uit na skool. Sy het verlede Woensdag saam met haar ouers, Cillette en Werner Taljaard, by Laerskool Swartland aangekom. Foto’s: Charlotte Lesch


Graad 1-leerders wat vanjaar hul skoolloopbaan by hul onderskeie laerskole in die Swartland begin, het die afgelope Woensdag saam met sowat 1,2 miljoen leerders reg oor die Wes-Kaap vir onderrig aangemeld.

Volgens die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) het vanjaar se aansoekproses beter verloop teenoor die afgelope paar jaar. Die departement kon teen druktyd nog nie bevestig hoeveel nuwe gr. 1- en gr. 8-leerders vanjaar in die Weskus-distrik, waaronder die Swartlandstreek val, by skole ingeval het nie. Die aansoekproses het volgens die departement wel baie beter teenoor vorige jare verloop. Sowat 99,2% leerders uit al die aansoeke wat teen 14 Januarie deur die WKOD ontvang is, het reeds verlede week beide plek in gr. 1 en gr. 8 gehad. Die departement voeg by dat hy steeds hard aan die werk is om plek vir die oorblywende 955 leerders te kry. Altesaam 50 844 meer gr. 1 -en gr. 8-leerders het teen 18 Januarie plek in skole gehad teenoor dieselfde tyd verlede jaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article