Die skrywer Tom Dreyer het verlede week sy debuutdigbundel Nou in infrarooi by die Malmesbury-boekklub bekendgestel.
Swartlandse skrywers soos Wilhelm Stols en McKayla Goliath het ook die geleentheid bygewoon.
Dreyer het die volgende dag op sy Facebookblad geskryf: “Dankie aan [die] Malmesbury-biblioteek en Bargain Books en almal wat saam met ons gekuier het. ’n Bietjie joligheid is net … hoe ’n mens ’n wintersaand se triestigheid verdryf.”
Dreyer se gespreksleier by die boekbespreking was Susan Booyens, ’n teks- en taalversorger vir Netwerk 24. Sy het kort ná die boekklubaand landwyd aandag getrek toe sy R500 000 in haar deelname aan die TV-speletjiesprogram Wie word ’n miljoenêr gewen het. Dreyer, en Jennifer Pape, wat ook die boekklubaand bygewoon het, was haar ‘bel-’n-pel’-vriende.
Die volgende boekklubaand is op 27 Julie met Jaco Wolmarans wat sy boek Dolos bekendstel. Skakel die biblioteek by 022 487 9439 om plek te bespreek.





