Dicky Hewett oorhandig die prys aan die eersteplekwenner in die landbou-afdeling aan Hennie van Rooyen van Henrit Agri.Foto: Chanelle Gordon Photography


Agri Malmesbury het Saterdagaand (21 Oktober) landbouers tydens ’n gesamentlike prysuitdelings­dinee met die Malmesbury Sakekamer vereer.

Altesaam 43 landbouers het aan die stemproses deelgeneem en die volgende ondernemings is as die pryswenners aangewys: Henrit Agri in die eerste plek, JHL Ingenieurs (naaswenner), Intelligro derde, Afgri vierde en Octavoscene vyfde.

Oor die prysuitdeling sê Dicky Hewett, voorsitter van Agri Malmesbury: “Ons glo dis belangrik om plaaslik te ondersteun en erkenning te gee aan sakeondernemings wat uitmuntende diens bied. Landbouers het ’n klein venster van geleentheid waarin ons die oes moet insit en weer afkry, en daarvoor het ons diensverskaffers nodig wat vinnige en akkurate diens lewer.

“Ondernemings het nie almal ewe wye blootstelling nie. Ons wil graag in die breë dankie sê aan alle agri-ondernemings – groot en klein – wat ’n positiewe bydrae in ons samelewing deur hul spesialiskennis en -diens lewer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article