Die ongelukstoneel buite Malmesbury Donderdagoggend (11 April) waarin ‘n jong man van Saldanha sy lewe verloor het. FOTO: Toms Towing/WC Live Traffic & Safety Alerts


’n Noodlottige motorbotsing omstreeks 07:30 Donderdagoggend (11 April) op die R45 buite Malmesbury het die lewe van ‘n jong man van Saldanha geëis. 

Volgens sers. Henry du Randt, woordvoerder vir die Malmesbury-polisie het die 24-jarige man na bewering beheer oor sy motor verloor en ‘n Checkers-afleweringsvragmotor getref.

noodlottige motorbotsing

Die ongelukstoneel buite Malmesbury Donderdagoggend (11 April) waarin ‘n jong man van Saldanha sy lewe verloor het. FOTO: Toms Towing/WC Live Traffic & Safety Alerts

Die oorledene wat die enigste insittende van die motor was wat aan sy pa behoort het, is weens die impak van die botsing reg van voor, op die toneel dood verklaar. Sy pa het aan polisiebeamptes gesê sy seun was na sy suster in Stellenbosch onderweg toe die botsing plaasgevind het.

‘n Klag van strafbare manslag word deur die Malmesbury-polisie ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article