BLOEMFONTEIN – Prooi, ’n waaghalsige en meesleurende drama oor mensehandel het stof in die oë van ander produksies geskop op die Vryskitters-eerbewysgeleetheid wat Saterdag 19 Julie aan die einde van die Vrystaat Kunstefees gehou is.
Die wenners is by die ATKV-boeketeater in die Eeufeessaal van die Universiteit van die Vrystaat vereer.
Chris Vorster, het met sy Gebou soos Steffi Graf, die plaaslike kunstenaars van Bloemfontein se naam hoog gehou en ook ’n klompie pryse ingeoes.
’n Verdere Vrystaatse swier is aan die aand verleen met die unieke Vryskitters pryse wat elkeen anders lyk. Dit is kunswerke wat deur Gerben Kamper geverf is.
Prooi, met Sue Diepeveen, Ignatius van Heerden, Penny Wolhulter en Ryan Rossouw, gee in die verhoogstuk aan die gehoor ’n ervaring van hoe ’n sindikaat te werk gaan in mensehandel. Die werk vertel die verhaal van ’n jong meisie wat geëmigreer het en vir mensehandel geteiken word, ’n ouer seun wat vir sy organe verkoop gaan word, en die hoofleier van die sindikaat.
Michael Garbett, die feesdirekteur sê vanjaar se Vryskitter-wenners verteenwoordig die hart en siel van wat die Vrystaat Kunstefees is, kreatiwiteit, uitnemendheid en dapper
storievertelling.

“Die gehalte van werk wat ons vanjaar op die verhoog en in die galerye gesien het, was eenvoudig uitsonderlik. Kunstenaars het die grense verskuif, gehore aangegryp en ’n kulturele
erfenis versterk waarop ons trots kan wees. Hierdie silwerjubileum was een van ons suksesvolste feeste nóg en dit is ’n viering van 25 jaar se kuns, gemeenskap en groei.
Ek wil elke kunstenaar, elke feesganger, elke borg, elke medewerker en elke ondersteuner van die kunste bedank. Julle is die rede hoekom hierdie fees nie net voortgaan nie, maar
sterker word. Julle dra by tot ’n nalatenskap wat, ek glo, vir geslagte sal voortleef.”
Die wenners
Beste produksie:
Wenner: Prooi/Prey
Beste regisseur:
Wenner: Johan Smith, Johan van der Merwe, Lihan Pretorius vir Prooi/Prey
Beste vertolking:
Wenner: Chris Vorster
Beste ondersteunende vertolking:
Wenner: Penny Wolhuter
Beste stelontwerp:
Wenner: Gebou soos Steffi Graf
Beste kostuumontwerp:
Wenner: Isn’t this just Divine, Ethel?
Beste musikale komposisie:
Wenner: KlarinetFantasieë
Beste grensverskuiwende werk:
Wenner: Prooi
Beste visuele kunsinstallasie:
Wenner: Empathetic Apprentice
Beste opkomende kunstenaar:
Wenner: Norman Doubell
Beste tegnikus:
Wenner: Paquot
Beste boekverkoper by die literatuurfees:
Wenner: Op pad na ’n klooster in die sneeu , Johannes de Villiers
Beste bemarkingsveldtog:
Wenner: öh
Beste Suid-Afrikaanse kortfilm:
Wenner: Echoes of the land.






You must be logged in to post a comment.