SA Ope Skaakkampioenskap. Die skaakspan van Laerskool Gene Louw, Kaapstad, het tydens die SA Ope Skaakkampioenskap in Kaapstad hul talente ten volle ontplooi. Van 27 Junie tot 5 Julie 2026 het die jong Genie-spelers en hul afrigter met vasberadenheid en sportmangees aan die nasionale toernooi deelgeneem. Hulle het indrukwekkende uitslae behaal en die skool se naam met trots hoog gehou.
Uitslae in verskeie afdelings
o.11-afdeling
- Hanru Strydom – 5/7 (15de plek)
- Ian van Eck – 4/7 (28ste plek)
- Zander Pienaar – 3,5/7 (41ste plek)
o.13-afdeling
- Christiaan de Villiers – 3,5/7 (39ste plek)
- Steyn Calitz – 4,5/7 (17de plek)
- Rafael Josling – 3,5/7 (43ste plek)
- FG Bester – 3/7 (52ste plek)
o.9 Dogters
- Gabriella Pienaar – 5/7 (5de plek)
- Kampioen-afdeling
- Craig Willenberg (afrigter) – 6,5/9 (5de plek)
’n Goue mylpaal vir Gabriella
Die hoogtepunt van die toernooi was ongetwyfeld Gabriella Pienaar, wat in die o/9 Dogters-afdeling met 5 uit 7 partye ’n vyfde plek behaal het. Haar prestasie het haar die eer besorg om Suid-Afrikaanse kleure te verower. Dit is ’n besondere mylpaal wat haar naam in die skaakgeskiedenis van die skool laat blink.
Afrigter wys klas
Selfs die afrigter, Craig Willenberg, het sy vernuf bewys deur in die Kampioen-afdeling ’n vyfde plek met 6,5 uit 9 partye te verower.
Met sulke uitsonderlike prestasies bevestig die Genie-skaakspan hul status as ware ambassadeurs van Laerskool Gene Louw.








Skaakspeler hard besig om te konsentreer
“Die skoolgemeenskap is trots op elke speler en sien met groot verwagting uit na nog vele oorwinnings op die skaakbord.”







You must be logged in to post a comment.